Wortel en Rosyntjie Muffins
Getoets en Foto: Joseph Deerham
Bestanddele:
1kop meel
½ kop volgraan meel
15ml bakpoeier
2ml kaneel
knippie sout
2 eiers
½ kop bruin suiker
¾ kop melk
60ml gesmelte botter of olie
2 kop gerasperde wortels
¾ kop pitlose rosyntjies
¾ kop neute van jou keuse (ek het okkerneute of sonneblomsaad gebruik)
Metode:
Voorverhit oond 180 grade.
Spuit of smeer n groot muffin pan.
Meng alles met n lepel tot goed gemeng.
Skep lepels gewys in die pan so 3kwart vol.
Bak vir sowat 22min ..
Jy kan so bietjie speel net bestandele.
Geniet....
