





















































































Moet nooit Appels en Wortels in dieselfde kompartement in die yskas bere nie. Appels stel ‘n gas vry wat die wortels bitter maak.
Maak binne die oond skoon.
Ons vergeet soms om die binnekant van ons oond skoon te maak.
Ek het hierdie wenk by my ouma geleer:
Smeer die binnekant van die oond met ’n dun lagie skottelgoedseep.
Sprinkel dit dan vol koeksoda – ook oral teen die kante op.
Spuit dit laastens met witasyn wat in ’n spuitbottel geplaas is.
Laat dit vir twee uur staan en was dit dan af met warm water en ’n kombuislap.
Laat granietblaaie blink Het jy graniet- of marmer oppervlakke in jou kombuis?
Dis moeilik om dit altyd mooi blink te hou.
Meng een deel suurlemoensap, een deel witasyn en een deel water in ’n spuitbottel.
Spuit dit oor die oppervlak en vee dit af met kombuispapier – dit maak die oppervlak mooi blink.
Speel klaar met ’n taai dampwaaier Al probeer om daai taai laag bo-op die dampwaaier (extractor fan) skoon te kry? Nie so maklik nie. Volgende keer moet jy ’n paar druppels olyfolie oor die taai oppervlak sprinkel. Vee dit skoon met ’n lap en was dit af met warm seepwater. Glo my, dit werk!
Reinig kapborde Houtkapborde raak gou grillerig. Sprinkel minstens een keer per week ’n ruim laag sout en koeksoda oor jou houtborde. Laat dit staan vir ’n uur en gebruik dan halwe suurlemoene om die borde mee te “skrop”. Spoel dit af onder warm water en laat dit in ’n louoond (so 80 °C) uitdroog.
Stofvrye vertikale blindings Gebruik wat jy in die kombuis het om die stof tussen blindinghortjies skoon te maak: ’n braaitang en twee klam kombuislappies. Draai ’n lap om elk van die knypers, knyp die hortjies een vir een liggies tussen die knypers vas en beweeg dit dan heen en weer tot alles mooi skoon is.
n Maklike manier on kiwis te skil is, sny die kiwi in die helfte en gebruik ‘n teelepel om die vrug uit te skep. Siedaar en jy het ‘n perfekte geskilde kiwi.
Indien jy ‘n skottelgoedwasser het, gooi wit asyn in die afspoelkompartement in plaas van die duur afspoelmiddels. U sal verbaas wees hoe skoon u skottelgoed gaan wees.
Wanneer mens mielies kook, kan dit taaierig raak en van sy smaak verloor. Kook ‘n pot water en gooi dan die mielies in die water. Wanneer die water weer begin kook is die mielies reg om te eet en te geniet. Die manier van gaarmaak, maak ‘n groot verskil.
Partykeer het mens nodig om vleis dun te sny, maar dit is moeilik. Maar hier volg raad om dit dun te sny. Vries die vleis en haal uit vrieskas. Wanneer dit half ontdooi is sny dun.
Wanneer mens boontjies kook moet bymiddels soos tamaties, asyn, suurlemoensap liefs aan die einde van die kooktyd bygevoeg word. Die suur laat die boontjies hard en ferm bly. Voeg liewers die bymiddels by sodra die boontjies gaar en sag is.
Wanneer jy vleis in die oond braai, skil en sny twee uie in die helfte. Plaas die uie in ‘n oondpan. Plaas die vleis op die uie. Dit sal voorkom dat die vleis vasbrand en al die vet in die vleis drup af en trek nie in die vleis nie. Die uie kan ook geëet word.
Wanneer kaas by ‘n dis gevoeg word moet dit aan die einde van die kooktyd bygevoeg word en moet teen baie lae temperature kook.
Laevet kaas smelt nie maklik nie.
Wanneer jy kaas met ‘n sagte tekstuur gebruik en jy kan dit nie rasper nie, kap dit dan eerder fyn.
Maak ysblokkies deur stukkies suurlemoen skil, kersies of kruisement daarin te sit. Dit vertoon mooi en verleen atmosfeer aan die feestelike geleentheid.
Wanneer jy pons maak, vries van die pons in ‘n ring vorm. Sit dan hierdie ring vorm onder in die pons bak. Dit sal die pons heerlik koud hou en voorkom dat die ys die pons waterig laat proe.
Gooi appelasyn in plaas van melk in jou pannekoek deeg. Die asyn gee ‘n heerlike smaak aan die pannekoek.
Gebruik sitrussuiker om jou drankies mee te versoet.
Gebruik sodawater om jou vrugtesap mee aan te maak. Die drankie borrel dan sommer so op jou tong.
Bakpoeier kan verslaan. En as dit verslaan het is dit nie meer effektief nie en gaan die gebak waarin jy dit gebruik nie kan rys nie. Om te toets of jou bakpoeier nog effektief is, is gelukkig eenvoudig. Gooi een teelepel vol bakpoeier in ‘n glas warm water. As dit nie baie vinnig begin borrels vorm nie kan jy die bakpoeier maar in die drom gooi.
Om bruin suiker te maak…. vermeng 1 koppie gewone suiker saam met 2 eetlepels molasse in ‘n voedselverwerker om bruin suiker te kry.
Om te voorkom dat melk brand, spoel eers die kastrol uit met koue water
Om vis skoon te maak, plaas dit onder die water rooster vir 30 sekondes, daarna sal dit maklik gaan
Dit is makliker om oesters oop te maak as dit eers vir 30 sekondes in die oond gelaat is
Om vars tamaties vir slaai, se skil af te trek, dompel dit in kookwater, dan trek die velletjies maklik af
Om te voorkom dat jou konfyt volgende keer skuim as dit gekook word, plaas ‘n klontjie botter daarin
Om fynaartapels lig en geurig te maak, gooi een teelepel bakpoeier daarin voordat jy dit opklop
Ou brood kan weer saggemaak word deur dit goed klam te maak en vir 10 minute in ‘n warm oond te plaas
Wanneer sop of stowekos te sout is, voeg 1 of 2 aartappels by
Om van koolreuk ontslae te raak wanneer u kook, sit ‘n sny brood bo-op die kool
Kerse brand egalig en stadig as dit 24 uur in die yskasgele het.
Spekkrul nie om as dit eers natgemaak word voor dit in ‘n pan gebraai word nie.
I‘n Stukkie brood in die pan waarin vis gebak word, sal voorkom dat die olie spat.
Om enige vlekke op handdoek te verwyder, vryf met ‘n bietjie dettol en dis weer silwer skoon.
Om sokkies mooi wit te hou, week dit in sout water voordat jy dit was, dit verwyder alle vlekke.
Blaas op jou hakskeen: klits wit van eier en sit op hak.
Vir lang motorrit, eetkort-kort ‘n stukkiekaas of kaastoebroodjie. Dit hou jou wakker en selfsrosyntjies ook.
Om jou vingernaels te beskerm as jy in die tuin werk, druk jou naels vooraf in ‘n koekie seep.
Nadat jy items oopgemaak het wat in flesse of kartonne gehou word – soos salsa, spaghetti sous en maaskaas – hou dit onderstebo om skimmel te bekamp en jou items langer vars te hou.
Draai jou groenslaai in ’n papier handdoek toe om te voorkom dat dit slymerig en oneetbaar word.
Hou die omhulsel aan blokkekaas wanneer jy dit sny. As jy aan die kaas vat, kan bakterieë van jou hande op die kaasbeland, wat skimmelgroei kan bevorder.
Dis ’n ouvrou storie dat ’n halwe avokado of guacamole nie sal bruin word nie as die pit daarin gelaat word. Wat welwerk, is om kleef plastiek liggies daarop te druk om kontak met die lug te verminder.
Hou jou meel in die yskas om dit vars te hou en insek besmetting te voorkom.
‘n Manier om jou yskas skoon te maak sonder dat die vloerenat word; Skakel die yskas af, gooi fynsout teen die ys en hou die deure oop.
‘n Uur later kan jy die ysoptel met ‘n eierspaan(egg lifter). Dit werk soos ‘n bom.
‘n Halwe teelepel asyn in olie verhoed dat vleis wat in eier en meelgerol is nie in die pan waarin dit gebak word, vassit nie; die deeg sal ook nie afkom nie.
Om afval gou sag te kry, gooi een pakkiekitsgis (yeast) oor; dit kook gou sag en jy proe nie die kitsgis nie.
Gooi elke aand ‘n hand vol growwe sout in die uitlaatpype van wasbakke; die sout sal in pypeafdrup en dit vry van vetterigheid hou.
Gooi ‘n lepel vol sout in die water waarin jy geskildevrugte gooi voordat jy dit inmaak, dan sal die kleur van die vrugtevolmaak hou.
Om aangebrande vullis aan buitekant van kastrol aft e kry, gebruik oven cleaner; maak jou pot louwarm, spuit oven cleaner aan en laat staan so uur en was met sponsie.
Voeg ‘n halwe teelepelsuur lemoensap by room wanneer jy dit klop; dit raak baie gouer mooi styf.
Plaas ’n maandbeplanner iewers in jou kombuis waar dit maklik toeganklik is. ’n Dagboek werk ook. Kies ’n kleur per gesinslid en skryf dan hul buitemuurse aktiwiteite, afsprake, partytjies, ensovoorts, in die betrokke kleur neer.
As jy na ’n maand of wat nog steeds nie die deksel gekry het nie, is die kanse skraal dat dit gaan verskyn. Gooi maar die bakkie weg, wend dit as iets anders aan of gee dit vir iemand wat dit kan gebruik.
Plaas sponsies wat jy nounet skoongemaak het ’n paar sekondes lank in die mikrogolf – dit hou hul kiemvry.
Moet niks onnodigs koop nie, en kies goed wat lank hou. Koop byvoorbeeld gehalte gietysterpotte, wat kos eweredig gaarmaak en lank goeie diens sal verskaf.
Bêre al die Goeie Huishouding-resepte wat jy wil maak in plastiek-lêersakkies in ’n lêer. Bêre dié lêer by jou resepteboeke.
’n Mikroveselmop gaar minder kieme op as die gewone katoenmop. Boonop hou dit langer.
Die heel eerste stap is om alles uit te haal. As dit soos Antarktika daarbinne lyk, moet jy jou vrieskas vir ’n halfuur lank uitprop; anders kan jy ’n spons wat in warm water geweek is inspan om die taai aanpaksels en yskristalle weg te skrop. As dit ’n klankie het, kan jy die kante en bodem met ’n mengsel van koeksoda en water afvee.
Glashouers met lugdigte deksels is die ekovriendelikste manier om kos te bêre – en jy hoef boonop nie die kos in ’n ander houer oor te plaas voor jy dit in die mikrogolfoond wil verhit nie.
Jy weet mos jy gaan nie daardie hele houer met ‘winskopie’-hoenderstukke op een slag voorberei nie, so verpak elke stuk individueel in foelie of kleefplastiek en plaas dit dan in ’n houer. Dieselfde geld vir sop en souse: verdeel dit in realistiese porsies voordat jy dit vries – dit sal beter proe en vinniger ontdooi.
Hou ’n rol maskeerband en ’n merkpen in ’n laai naby die vrieskas. Skryf elke keer wanneer jy iets vries neer wat dit is, saam met die datum en plak dit op.
Berg kos in vierkantige plastiekhouers wat opmekaar stapel pleks van ronde houers; jy sal só meer kos kan bêre. Bêre oorskiet as individuele porsies in herseëlbare sakkies pleks daarvan dat jy dit in groot houers bêre wat te veel plek in beslag neem.
Aanbrandsel
Vir enige potte wat erg aangebrand het gooi een koppie jik of domestos daarin en laat een uur staan en spoel uit. Daar bly nie 'n teken van brand oor nie.
Strooi koeksoda op die aangebrande deel in 'n pot. Maak klam met 'n bietjie water.
Citrus soda en asyn maak 'n aangebrande pot sommer vinnig skoon.
Aanpaksel
Vir die aanpaksel in jou ketel, gooi een pakkie of 3 eetlepels wynsteensuur by, kook en spoel ketel uit. Dis onmiddellik skoon.
Aartappel
Gerasperde ui gee ’n besondere smaak aan kapokaartappels.
’n Bietjie melkpoeier oor gekookte aartappels en kapokaartappels maak dit mooi donsig.
Ou aartappels moet eerder geskil word voor dit gekook word. Plaas die skil ook in die water om die voedingswaarde te verhoog.
Gooi 'n eetlepel melk in 'n kastrol waarin jy aartappels kook. Dit voorkom dat dit kleur verloor.
Laat aartappels 'n half-uur lank in melk lê om mooi bruin te bak.
Om te verhoed dat aartappels uitloop plaas jy ´n vars groen appel by dit.
'n Knippie bakpoeier by kapokaartappels maak dit sag en lig.
Voeg suurlemoensap by die water as jy ´n aartappel met skil en al kook.
Die aartappel sal wit wees en jou potte sonder vlekke.
5 mℓ asyn by die water waarin jy aartappels kook hou hulle mooi wit. Jy kan ook 10 mℓ by die water oor geskilde aartappels gooi om te help keer dat dit verbruin.
Aïoli
Indien jy nie tyd het om Aïoli te maak nie, kan jy knoffel met mayonnaise meng as ’n plaasvervanger.
Appels
Gebakte appels sal nie plooi indien jy ´n paar klein snytjies in die skil maak voor hulle oond toe gaan nie.
Appels word makliker geskil indien dit vooraf ´n paar minute lank in kookwater lê.
Bak
Indien jy 'n spesifieke vorm soek om mee te bak en jy kan dit nêrens opspoor nie kan jy jou eie maak uit foelie.
Bakpoeier
'n Plaasvervanger vir 20 ml bakpoeier is 10 ml kremetart plus 5 ml koeksoda.
Beskuit
Wanneer jy beskuit bêre, strooi 'n laag suiker onder in die houer om dit langer vars te hou.
Beskuit kan tot 3 maande in 'n lugdigte houer gehou word.
Botter gee 'n beter geur aan beskuit as margerien.
Sny vars beskuit met 'n elektriese mes. Dit voorkom dat dit te erg breek.
Plaas 'n koppie water in die mikrogolfoond as jy gevriesde beskuit ontdooi. Die vog sal verhoed dat dit uitdroog.
Beskuitjieblik
'n Eetlepel suiker hou die inhoud van 'n beskuitblik vars.
Beskuitjies
Om beskuitjies maklik te verkrummel, plaas hulle in 'n sterk plastieksak. Druk hulle eers met 'n rolstok stukkend en rol hulle daarna fyn.
Blaarslaai
Plaas 'n papierservet in die yskashouer saam met blaarslaai. Dit absorbeer die vog en sorg dus dat die blaarslaai langer hou.
Sit blaarslaai in suikerwater en dit sal weke vars bly.
Blikkieskos
Skryf die datums op jou blikkieskos. Dan kan jy seker maak jy gebruik altyd die oues eerste.
Blomkool
Kook 'n paar lourierblare saam met blomkool indien jy nie van die reuk in jou kombuis hou nie, dan ruik jou kombuis baie lekkerder.
Botter
Botter moet kamertemperatuur wees wanneer jy dit vir gebak gebruik.
Kookolie kan as 'n plaasvervanger vir gesmelte botter gebruik word.
Wanneer jy botter room, spoel eers die bak met kookwater uit.
Dit maak dit baie makliker.
Hou die botterpapier wanneer die botter op is. Jy kan dit gebruik om oondbakke te smeer.
Blinkpanne
Skrop muwwerige panne wat roes skoon met asyn en laat droog word in die son.
Braaipan
'n Elektriese braaipan kan met foelie uitgevoer word om dit vlekloos te hou.
Bredie
Voeg 'n avokadopeer by 'n bredie net voordat u dit opskep, dit gee die bredie 'n heerlike smaak.
Broccoli / Brokkoli
Maak 'n X-vormige snit in broccoli-stingels voordat jy dit in die pot sit. Die stingels sal gelyk met die blommetjies gaar word.
Brood
Braaibrood op die rooster is geneig om op te krul en die vulsel val dan uit. Bind net oorkruis vas met 'n stukkie gare en die brood sal sy vulsel hou. Die gare sal nie brand nie.
’n Fyn sproei water aan die binnekant van jou oond tydens die eerste paar minute wat jou brood bak sal die brood ’n dunner kors gee.
As jy 'n brood bak en 'n lekker bros kors bo-op wil hê, smeer die brood halfpad deur die bakproses met soutwater.
Jy kan brood in 'n leë skoendoos in jou mikrogolfoond bak.
Hou 'n brood langer vars deur 'n stuk seldery saam met die brood in 'n papiersak te bêre.
Doop ou brood in water en bak dit dan weer in die oond. Dit sal vars smaak.
Plaas 'n pakkie sout in die broodblik om jou brood vars te hou.
'n Halwe aartappel in die blik hou brood vars.
Plaas 'n koppie water in die mikrogolfoond as jy gevriesde brood ontdooi. Die vog sal verhoed dat dit uitdroog.
Broodkrummels
As jy 'n gereg maak en jy sit sonder broodkrummels, gebruik graanvlokkies. Gooi 'n handvol in 'n plastieksakkie en druk fyn voordat jy dit by die res van die bestanddele voeg.
Bruismeel
Hou bruismeel in 'n lugdigte houer om die rysmiddel in die meel vars te hou.
Sif bruismeel altyd voor gebruik om lug in te werk.
'n Plaasvervanger vir 250 ml bruismeel is 250 ml koekmeel plus 5 ml bakpoeier (binneland) of 7 ml indien jy op seevlak is.
Dadels
Hou dadels in 'n lugdigte houer in die yskas. Dit sal vir tot 8 maande behoue bly.
Gebruik dadels in plaas van suiker in 'n resep.
Deeg
Stukkies deeg wat aan die oppervlak kleef moet altyd afgeskraap word, anders maak dit die uitgerolde deeg klonterig.
As jy pasteideeg maak, plaas die koekroller vir 'n paar uur in die yskas vooraf, dit vergemaklik die uitrol van die deeg aansienlik
Plaas 'n stukkie plastiek oor deeg wat moet rys. Dit voorkom dat 'n harde lagie vorm.
Droë kos
Week bone, stampmielies en ander soortgelyke droë kos oornag. Dit sal tyd, geld en ure se kookwerk spaar.
Droëvrugte
Vyetakkies by droëvrugte hou die miet weg.
Druiwe
Om druiwe te skil - doop dit vir 2 minute in kookwater en dan in koue water.