Springbok Radio logo

Springbok Internet Radio

 

Radio op sy beste 

Luister op foon/tablet

Springbok App

Springbok Radio logo
  • Tuis

  • Radio skakels

  • Omroepers

  • Foto's

  • Omtrent ons

  • Blog

  •  

    © 2014 Springbok Internet Radio by Wilna

    Waterblommetjie Bredie.

    Getoets en Foto: Adri Steenkamp

     

    Benodighede:

    1 tot 2 medium uie, hang af of jy van baie uie hou of nie.

    4 peper korrels

    1 pak gesnipperde bacon

    1 huisie knoffel,

    600g beesvleis of lamsvleis ek het lamsvleis gebruik

    (Die vleis moet skoon gewas word)

    600g waterblomme wat geprecook is

    4 groot aartallels, asyn

    sout en swart peper

    suurlemoensap of heel suurlemoene

     

    Metode:

    Braai uie, knoffel en gesnipperde bacon saam.

    Gooi heel peper korrels in en sit dan die lamsvleis of beesvleis by, drup so n bietjie asyn op die vleis.

    Braai effens aan albei kante en geur met sout.

    Braai verder tot effe bruin, gooi water in pot en kook vleis tot half sag.

    Voeg waterblomme en aartappels by en geur met sout en peper, kook tot al's gaar is, moenie te veel water in die pot he nie en pasop dat die blomme nie pap kook nie, as klaar.

    Dien op met rys en sny suurlemoen in kwarte en sit dit op die bord, om bo oor die waterblomme uit te druk, dit gee die blomme nog meer n unieke smaak.