Springbok Radio logo

Springbok Internet Radio

 

Radio op sy beste 

Luister op foon/tablet

Springbok App

Springbok Radio logo
  • Tuis

  • Radio skakels

  • Omroepers

  • Foto's

  • Omtrent ons

  • Blog

  •  

    © 2014 Springbok Internet Radio by Wilna

    Vleis en Groentesop
    Bron en foto: Marianne Jacoby

    20 ml olyfolie
    200 g strepiespek, gekap

    800 g beenlose stowe-beesvleis, in blokkies gekap

    2 uie, gekap

    3 knoffelhuisies, fyngedruk

    2 liter beesvleisaftreksel

    1 blik fyngekapte tamaties

    5 ml gedroogde tiemie

    5 ml fyngedrukte droë brandrissie

    3 wortels, geskil en gekap

    8 baba-aartappels, geskil

    2 middelslag-patats, geskil en in blokkies gesny

    1 groen soetrissie, in blokkies gesny

    suurlemoen- of lemmetjiesap na smaak

    plaasbrood om voor te sit

     

    1. Verhit die olyfolie in ’n kastrol oor medium hitte en braai die spek en vleis in die olie. Voeg die uie en knoffel by en roer ’n paar minute.
    2. Gooi die aftreksel, tamatie, kruie en brandrissie by en verhit tot kookpunt. Verlaag die hitte en laat vir 11⁄2 uur met die deksel op prut.
    3. Voeg al die groente by en laat vir nog 40 minute prut of tot die vleis en groente sag is. gooi ’n paar druppels suurlemoen- of lemmetjiesap by en geur na smaak met sout en varsgemaalde swartpeper. sit die sop voor saam met vars plaasbrood.