
Vlakoek
(Bron en Foto:Huisgenoot)
Lewer 1 koek
Bereiding: 30 minute
Baktyd: 30-40 minute
KOEK
125 g botter
375 ml (1½ k) suiker
4 ekstragroot eiers
500 ml (2 k) koekmeel
20 ml (4 t) bakpoeier
1 ml (¼ t) sout
250 ml (1 k) melk
125 g botter
VLAMENGSEL
130 g botter
250 ml (1 k) versiersuiker
500 ml (2 k) melk
100 ml vlapoeier
5 ml (1 t) vanieljegeursel
Voorverhit die oond tot 180 °C en smeer ’n 23 cm koekpan
1. KOEK Verroom die botter en suiker tot lig en romerig Klits die eiers een vir een by en klits goed ná elke byvoeging.
2. Sif die droë bestanddele saam.
3. Verhit die melk en botter en vou om die beurt met die droë bestanddele by die eiermengsel in.
4. Skep die beslag in die pan en bak sowat 30-40 minute of tot ’n toetspen skoon uit die middel van die koek kom Laat effens in die pan afkoel en keer dan op ’n draadrakkie uit. Sny die koek in twee lae.
5. VLAMENGSEL Verroom die botter en versiersuiker baie goed.
6. Meng 50 ml van die melk met die vlapoeier en geursel, en verhit die res. Giet die vlapasta by en roer tot die mengsel kook en verdik. Laat afkoel en klits dan by die versiersuikermengsel in deel in twee.
7. Smeer een koeklaag met ’n laag vla en plaas die ander laag bo-op. Skep hopies vla bo-op.