Springbok Radio logo

Springbok Internet Radio

 

Radio op sy beste 

Luister op foon/tablet

Springbok App

Springbok Radio logo
  • Tuis

  • Radio skakels

  • Omroepers

  • Foto's

  • Omtrent ons

  • Blog

  •  

    © 2014 Springbok Internet Radio by Wilna

    Vis Pastei met Gerookte geur..
    Getoets en Foto: Len Nissan

    Kors:
    Bestanddele:
    500 ml koekmeel
    150 ml botter of margarien
    60 ml koue water
    5 ml sout
    5 ml bakpoeier
    Meng droë bestandele goed, Sit droe mengsel  en botter in voedselverwerker of vryf met jou vingers tot dit soos broodkrummels lyk.
    Voeg water bietjie vir bietjie by tot dit ‘n baie stywe deeg vorm.
    Haal uit en maak deeg toe met kleefplastiek en druk plat sodat dit koud kan word in yskas.
    Laat rus in yskas vir minstens 30 minute tot 'n uur.

    Vis:
    1 kg Hake vis filette
    2 Haddock filette
    1/2 koppie melk
    1/2 koppie  water
    Verwyder vel van vis (makliker as dit nog gevries is) en sny in blokkies van +- 2 tot 3 cm
    Kook blokkies vis in melk en water mengsel tot net net gaar
    Bewaar melk mengsel in n bakkie vir witsous.
        
    Wit sous:
    3 eetl koekmeel vir wit sous
    1 eetl botter
    Bewaarde melk en water mengsel, (dit mag lyk asof  geskei het maar dit gee geur aan pasty)
    Maak 'n dikkerige wit sous deur botter te smelt, meel in te roer in die gesmelte botter en dan bietjie vir bietjie van die melk/water mengsel deeglik in te roer (net genoeg om 'n dik sous te maak.).
    Doen dit oor 'n lae hitte. Roer sommer vinnig met 'n "whisk" om klonte te voorkom.
    Gooi oor die gaar vis en meng.
    Die sous moet net net genoeg wees om vis te smeer.

    Metode:
    Voorverhit die oond tot 180 C
    Rol deeg wat gerus het in yskas tot 3 mm dik tussen 2 plastiek sakke wat oopgesny is.
    Kors moet nie te dik wees nie
    Neem 2/3 van deeg en voer 'n gesmeerde oond vaste glas bak uit.
    Gooi vis in die bak en gebruik die res van die deeg om die pastei toe te maak bo op.
    Klits 1 eier en smeer hele pastei bo op.
    Dit is belangrik om te kan sien wanneer die pastei gaar is en dit gee 'n mooi goudbruin kleur aan die pastei.
    Bak in die oond tot 'n mooi goudbruin bo op en verwyder van oond.
    Laat dit staan vir 20 minute om te rus en bietjie af te koel. Bedien met bykos van jou keuse.
    Ek hou van kapok aartappels en slaai.