
Gebraaide vis
(Bron: Huisgenoot)
Tartaarse sous
125 ml (½ k) mayonnaise
2 agurkies, fyn gekap
’n hand vol pietersielie, gekap
sout en peper
Vis
250 ml (1 k) polenta
5 ml (1 t) knoffelpoeier
1 eier
6 stokvisfilette
olie vir panbraai
oondgebakte aartappelskyfies, vir voorsit
-
Tartaarse sous Plaas die mayonnaise, agurkies en pietersielie in ’n klein bak. Geur met die sout en peper. Roer tot goed gemeng. Sit in die yskas.
-
Vis Meng die polenta en knoffelpoeier op ’n bord. Geur met die sout en peper. Klits die eier in ’n vlak bak.
-
Doop ’n stuk vis in die eier. Bedek dit met die polentamengsel en sit op ’n bord. Herhaal met die oorblywende vis, eier en polentamengsel.
-
Verhit die olie in ’n diep braaipan oor matig-hoë hitte. Braai die vis in twee sarsies 3 min. of tot goudbruin aan albei kante en deurgaar.
-
Voeg nog olie by indien nodig.
-
Plaas die vis op ’n bord wat met papierhanddoek uitgevoer is. Sit voor saam met Tartaarse sous en aartappelskyfies.