
Vinnige Souttert
Getoets en Foto: Wilna Nissen
Maak saam fyn:
5 snye brood (wit of bruin),
2 eetlepels margarine,
1½ koppie melk,
Braai saam:
1 ui, gekap
½ pakkie snipperspek en
4 - 6 weense worsies.
Roer by broodmengsel bogenoemde en:
1 ½ koppie kaas, 3 eiers met bietjie melk, ½ teelepel sout, pietersielie fyngekap en rooipeper.
Bak by 180 grade C vir +/- 10 - 15 minute.