Springbok Radio logo

Springbok Internet Radio

 

Radio op sy beste 

Luister op foon/tablet

Springbok App

Springbok Radio logo
  • Tuis

  • Radio skakels

  • Omroepers

  • Foto's

  • Omtrent ons

  • Blog

  •  

    © 2014 Springbok Internet Radio by Wilna

    Vetkoek…
    Getoets en Foto: Michelle Pholl
    My maklike resep is soos volg:

    Bestandele:
    4 koppies meel
    1 pakkie suurdeeg
    Sout (ongeveer halwe eetlepel ek meet sommer so in die handpalm)
    Margerien om mee te knie
    Lou warm Water
     
    Metode:
    In ‘n mengbak gooi jou meel, suurdeeg en sout saam. 
    Gooi nou die lou warm water by en meng tot lekker stywe deeg, moet nie pap wees nie. 
    Nou knie jy die deeg met die botter / margarine. 
    Knie hom goed deur.  Sit in plastieksak sodat dit kan rys. 
    So elke uur knie hom af hoe meer jy hom afknie hoe lekker hol raak hy binne (ek knie ten minste 4 keer af).   As dit koud is draai ek gewoonlik kombersie of iets om die skottel. 
    Ek vat sommer swart sak, sny kante oop en smeer liggies met olie sodat vetkoeke nie vassit nie. 
    Vorm nou die vetkoeke (ek knyp sommer balletjies af en rol hulle in my handpalm. 
    Dan sit ek dit op die gesmeerde swartsak en druk met die hand effe plat. 
    Maak nou met die ander helfde van die swart sak  die vetkoeke toe  laat so half uur staan dat dit rys). 
    Verhit nou jou olie en dan vat jy die vetkoek en trek so bietjie en sit in warm olie.
    Maak seker die olie is nie te warm nie tydens braai want dan sal jy die vetkoeke te donker bak.