
Varktjops
Getoets en Foto: Christina Matthee
Ek maak varktjops in die oond en dis nogals lekker Ek deel dit graag met julle..
Bestanddele:
4 groterige vark tjops
2 medium uie klein blokkies gesny
1 greenpepper klein blokkies gesny
1 groot tamatie klein gesny
1 Telepel fyn gemaakte knoffel
Metode:
Plaas die tjops in n groot oondpan
Geur met sout en peper en braaivleis speserye
Gooi die uie oor die tjoppies maar nie in die pan self nie
Gooi dan die greenpepper oor die uie en dan die tamatie heel laaste gooi so n koppie en n half water in die pan
Maak dan toe met foelie en bak vir so n uur of tot sag by 180C grade
Ek maak hoenderslaai daar by en mens kan dan groente by bedien as jy wil