
Tuna en Pasta Slaai
Getoets en Foto:Wilna Nissan
Bestandele:
1 pak pasta ( ek het sommer strikkies gebruik) (kook met water en sout tot sag)
1/2 fyngekapte greenpepper
1 fyngekapte klein ui
1 tamatie in blokkies gesny
1 klein blikkie ertjies
1 klein blikkie heelpit mielies
1 blikkie mushrooms gesny
2 blikkies tuna in water gevlok
2 hardgekookte eiers in skyfies gesny (opsioneel)
1 k kaas in blokkies gesny
300 ml mayonaise
Metode:
Sodra die pasta klaar gaar is dreineer dit en gooi al die bestanddele behalwe die mayonaise en kaas saam en meng
Wanneer die pasta amper koud is gooi kaas by en mayonaise met sout en peper na smaak. Heerlike slaai en vullend vir 'n maaltyd