
TUISGEMAAKTE SKILPADJIES:
Getoets en Foto: Reuben Riffel
Bestandele:
500g worsvleis (jy kan dit uit gekoopte wors druk)
125g Briekaas
6 Vars salieblare
1 e Gemengde droë kruie
2 e Gekapte garlic
Sout & peper, na smaak
Netvet, goed gewas
Metode:
Meng al die bestanddele behalwe die netvet en vorm balletjies.
Rol dit toe in die netvet en druk toe met tandestokkies.
Los oornag in die yskas om ferm te word voor jy dit braai.