
Tuisgemaakte Lemonade / Suurlemoensap
Die is regtig ‘n baie lekker en verfrissende sap vir die warm somersdae.
Getoets en Foto: Michelle Phol
Bestandele:
½ Koppie Suiker
½ Koppie Water
1 Koppie vars uitgedrukte Suurlemoen sap
Metode:
Gooi jou suiker en water in ‘n pot.
Bring dit tot kookpunt, en roer todat al die suiker opgelos.
Laat dit nou goed afkoel.
Meng nou jou stroop met die suurlemoensap en 2 ½ tot 3 Koppies water.
Roer goed.
Gooi dit in ‘n mooi glas beker.
Bedien saam met ys in ‘n glas.
Heerlik verfrissend.