
Triffle Delux
(Hierdie is heerlik vir kersfees)
Getoets en Foto: Michelle Phol
Bestandele:
5 Kleure Jellie
300ml Kondensmelk
300ml Room
1tl Vanilla
24gr Gelatine
Opsineel:
Neute en Kresies
1 Klein Blikkie Fruit Cocktail
Ek dink as mens gekapte neute en kersies ook ingooi gaan dit mos 'n vrek lekker poeding/triffle wees !!!
Mens kan selfs 'n klein blikkie fruit coctail gedreineer ook ingooi
Metode:
Maak 5 kleure jellie aan met net die helfte van die water bv 1 pakkie jellie aangemaak met 1 kop water.
Laat dit stol en sny in blokkies.
Plaas in jou silikoon ring of glasbak.
Meng 300ml kondensmelk, 300ml room en 1 tl vanilla essence
Neem 1 kop koue water en gooi 24gr gelatine oor.
Meng en los vir 1 minuut
Meng nou 250ml warm water in by die koue gelatienmengsel in en voeg dit by die kondensmelk mengsel - meng goed deur
Gooi oor die blokkies jellie
Sit in die yskas tot goed gestol - verkieslik oornag
WENK: Maak dit in jou muffin pannetjies dan het elkeen sy eie ronde jelliekoekie