Springbok Radio logo

Springbok Internet Radio

 

Radio op sy beste 

Luister op foon/tablet

Springbok App

Springbok Radio logo
  • Tuis

  • Radio skakels

  • Omroepers

  • Foto's

  • Omtrent ons

  • Blog

  •  

    © 2014 Springbok Internet Radio by Wilna

    Tikka-varktjops
    (Bron en Foto:Huisgenoot)
    Maklik, heerlik en ’n volmaakte gereg vir in die week.
    Genoeg vir 4 mense
    Bereiding: 10 min.
    Gaarmaak: 20 min.
    Bestandele:
    30 ml (2 e) tikka masala
    15 ml (1 e) tamatiepasta
    10 ml (2 t) bruinsuiker
    5 ml (1 t) balsemieke asyn
    4 varklendetjops
    1 minikool, in dun skywe gesny
    1 groot wortel, gerasper
    1 appel, geskil, ontkern en in skywe gesny
    125 ml (½ k) Griekse jogurt
    80 ml (⅓ k) mayonnaise
    5 ml (1 t) heelkorrelmosterd
    Metode:
    1.    Meng die masala, tamatiepasta, suiker en asyn en vryf dit oor die varktjops. Bedek met kleefplastiek en verkoel 30 min.
    2.    Sit die kool, wortel en appel in ’n groot bak. Meng die jogurt, mayonnaise en mosterd en gooi dit oor die koolmengsel. Roer goed tot al die bestanddele met die sous bedek is.
    3.    Plaas ’n roosterpan op hoë hitte en braai die tjops sowat 10 min. weerskante tot gaar. Sit dit saam met die koolslaai voor.