
Terijaki-vis-en-rysbakkies
(Bron en Foto:Huisgenoot)
GENOEG VIR 4 MENSE
Bereiding: 10 min.
Gaarmaak: 15-20 min.
RYSBAKKIES
375 ml (1½ k) jasmynrys
15 ml (1 e) rysasyn
150 g pak choi of
spinasie, afgespoel
2 stingeluie, gekap
VIS
4 visporsies
30 ml (2 e) terijakisous
30 ml (2 e) soet sojasous
10 ml (2 t) sesamsaadjies
Metode:
Voorverhit die oond tot 200 °C. Voer ’n bakplaat met tinfoelie uit en spuit met kossproei.
Rysbakkies Kook die rys volgens die aanwysings op die verpakking. Spoel af en dreineer. Meng die asyn deur die rys en hou eenkant.
Bedek die pak choi of spinasie met kookwater, laat staan 1 min. en dreineer.
Vis Pak die vis op die bakplaat. Meng die terijaki en sojasous en giet oor die vis. Sprinkel die sesamsaadjies oor en rooster 15 min. of tot gaar. Verf gereeld met die sous.
Verdeel die rys tussen die 4 bakkies en skep van die spinasie of pak choi bo-op.
Sny die vis in repies en verdeel tussen die bakkies. Sprinkel die stingeluie oor en sit voor saam met ekstra gekapte stingeluie en gemmerpiekels.