Springbok Radio logo

Springbok Internet Radio

 

Radio op sy beste 

Luister op foon/tablet

Springbok App

Springbok Radio logo
  • Tuis

  • Radio skakels

  • Omroepers

  • Foto's

  • Omtrent ons

  • Blog

  •  

    © 2014 Springbok Internet Radio by Wilna

    Tasal-skaaprib..
    Foto en Resep: Malinda Nortje
    Volgens die woordeboek is tasal repies vleis met sout, peper, asyn, en koljander bespringkel en in die son wind-droog gemaak word. Varkrib ka nook op hierdie heerlike manier gaargemaak word.

    Bestanddele:
    2,5kg heel lams-of skaaprib
    30ml (2e) asyn
    30ml (2e) sonneblomolie
    30ml (2e) worcestersous
    15ml (1e) geskroeide, fyn gestampte koljander
    2ml (½t) growe swartpeper
    1ml (¼t) gemaalde kruienaeltjies

    Metode:
    Ontbeen die lams-of skaaprib deur die vleis weg van die rib-bebene te sny.
    Meng die asyn, sonneblomolie en worcestersous.
    Vryf die vleis alkante daarmee.
    Meng die sout, koljander, swartpeper en kruienaeltjies.
    Vryf die kwart daarvan aan die ontbeende kant van die vleis in die res aan die velkant.
    Rol dit in porsies en braai dit in n toeklap draadrooster oor warem kole tot gaar.
    Draai die vleis dikwels om.