
Tartare-sous.
Foto en Resep: Ina De Lange Smit
Sous:
500 ml mayonaise
3 hardgekookte eiers, fyn gekap
15 ml dijon-mosterd
15 ml gekapte pietersielie
15 ml fyngesnipperde grasuie
15 ml kappertjiesaad of gekapte agurtjies
Metode:
Meng al die bestandele en proe.
Voeg n knippie sout en pepper of suurlemoensap by indien jy dink dit is nodig.
Skep in n opdien bakkie.
Dit sal tot n week lank in yskas hou sonder om geur te verloor..