
Suurlemoen Vark Fillet Schnitzels
( Kan ook met hoenderborsies gedoen word.)
Getoets en Foto: Len Nissan
Bestandele:
Hierdie resep neem so 25 minute om te maak.
2 x 180 g Vark filette
Sout en vars gemaalde swart peper na smaak.
1 Groot eier
2 opgehoopte eetlepels koekmeel
75 g grof gerasperde droë witbrood krummels
½ suurlemoen se skil. Baie fyn gerasper
15 g Kaas ook fyn gerasper Cheddar of Parmesaan, Parmesaan se smaak is skerper
300 ml Kookolie
Metode:
Vou een fillet op ‘n slag tussen twee lagies plastiek (Sommer Plastiek sak.) of “Kling Film”
Maak dit plat met ‘n roller of vleis hamertjie tot ½ – 1 cm dik. Ek gebruik eers hamertjie en dan roller om die dikte ewegalig te kry.
Verwyder uit die plastiek en sout en peper beide kante.
Herhaal die proses met al die ander stukkies.
Klop die eier in ‘n bakkie.
Sprinkel die meel in ‘n bord.
Meng die broodkrummels, suurlemoen skil, kaas en ‘n knypie sout in ‘n vlak bakkie tot baie goed gemeng.
Druk vleisstukkies eers in die meel, doop dit dan in die eier en bedek met die broodkrummel mengsel totdat dit heeltemal bedek is.
Verhit die olie in ‘n pan en plaas 2 schnitzels daarin. Braai elke kant in die vlak olie vir 2 – 3 minute tot goudbruin. Versigtig want dit brand maklik.
Verwyder uit die pan en plaas op papier kombuis doekie of servette om te dreineer.
Herhaal met ander schnitzels.
Druk ‘n paar druppels suurlemoen op elke stukkie.
Bedien warm saam met jou gunsteling aartappelslaai of kapokaartappels en ‘n mengelslaai.