Springbok Radio logo

Springbok Internet Radio

 

Radio op sy beste 

Luister op foon/tablet

Springbok App

Springbok Radio logo
  • Tuis

  • Radio skakels

  • Omroepers

  • Foto's

  • Omtrent ons

  • Blog

  •  

    © 2014 Springbok Internet Radio by Wilna

    Suikermielie-plaatkoekies
    (Bron en Foto:Huisgenoot)
    GENOEG VIR 10-12 MENSE
    Bereiding: 10 min.
    Gaarmaak: 2 min. per plaatkoekie
    Bestandele:
    500 ml (2 k) meel
    10 ml (2 t) bakpoeier
    5ml (1 t) sout
    1 eier
    250 ml (1 k) melk
    1 x 410 g-blik suikermielies
    BOLAAG
    500 ml (2 k) versiersuiker
    60 ml (¼ k) klapperroom
    1 pynappel, in dun skywe gesny
    droë klapper
    Metode:
    Sif die droë bestanddele saam in ’n groot bak.
    Klits die eier en die melk. Klits dan stadig by die droë bestanddele. Maak seker daar vorm geen klonte nie.
    Vou by die mielies in. Laat die mengsel 5 min. rus. Verhit ’n kleefvrye pan en skep eetlepels vol van die mengsel in die pan. Draai dit om sodra borrels vorm. Bak tot ’n ligte goudbruin kleur.
    Bolaag Meng die versiersuiker en die klapperroom tot glad. Plaas ’n pynappelskyf op ’n plaatkoekie. Bedruip met die klapperversiersuiker. Strooi die droë klapper oor.