
Heerlike Stampmielietert
Getoets en Foto: Johan Boshoff
Bestandele:
625 ml Stampmielies, oornag geweek
1 Pak Spek, gesniper
2 Uie gekap
1 Pakkie sampioene, opgekap
1 Koppie room
½ Koppie slaaisous (Knor Greek salad dressing)
½ Koppie mayonnaise
80 g sampioen-soppoeier
½ Koppie kaas, gerasper
Sout na smaak
Metode:
Kook die stampmielies tot gaar
Braai die uie, spek en sampioene saam tot bruin
Meng alles saam
Plaas in oondbak
Sprinkel die kaas bo-oor
Bak vir 25 minute teen 180grade..