Springbok Radio logo

Springbok Internet Radio

 

Radio op sy beste 

Luister op foon/tablet

Springbok App

Springbok Radio logo
  • Tuis

  • Radio skakels

  • Omroepers

  • Foto's

  • Omtrent ons

  • Blog

  •  

    © 2014 Springbok Internet Radio by Wilna

    Stampmielies met Tamatiesmoor..
    Foto en Resep: Malinda Nortjie..
    Dis n besonder lekker om stampmielies te berei veral as daar nie sous by die vleisgereg is nie. Maar wees gewaarsku dis maklik om te maak, maar dit prut n paar uur lank voordat dit gereed is. As die stampmielies oornag in koue water geweek word, gaan dit gouer sag kook.

    Stampmielies:
    350g (2k) stampmielies
    3 groot aartapels
    1 pakkie beestertsop poeier
    500 ml (2k) kookwater
    15ml (1e) botter of margarien
    2ml (½t) sout
    Knippie peper

    Metode:
    Kook stampmielies op die gewone manier in n dikboom kastrol tot sag.
    Dreineer dit indien nodig.
    Skil aartapels en sny in blokkies.
    Maak die beestertpoeier met n bietjie van die kookwater aan en meng die res met die kookwater.
    Voeg die aartapels en sop by die stampmielies en prut dit oor lae hitte todat die aartapes sag is, en die sop weggekook het..
    Roer dit af en toe dat dit nie vasbrand nie.
    Roer die botter of margarien sout en peper by.
    Hou die stampmielies warm terwyl die tamatiesmoor gemaak word.

    Tamatjiesmoor:
    2 groterige ryp tamaties
    1 groot uie
    15ml (1e) botter of margarien
    2ml (½t) sout
    1ml (¼t) growe swartpeper
    15ml (1e) fyngekapte pietersielie

    Metode:
    Skil die tamaties en ui en sny in stukkies.
    Smoor dit in die botter of margarien tot gaar souserig dik.
    Roer sout en peper by.
    Skep die stampmielies en tamatiesmoor in lae in n hittevaste bak, strooi die pietersielie oor en sit warm voor.
    Stampmielies met Tamatiesmoor..
    Foto en Resep: Malinda Nortjie..
    Dis n besonder lekker om stampmielies te berei veral as daar nie sous by die vleisgereg is nie. Maar wees gewaarsku dis maklik om te maak, maar dit prut n paar uur lank voordat dit gereed is. As die stampmielies oornag in koue water geweek word, gaan dit gouer sag kook.