Springbok Radio logo

Springbok Internet Radio

 

Radio op sy beste 

Luister op foon/tablet

Springbok App

Springbok Radio logo
  • Tuis

  • Radio skakels

  • Omroepers

  • Foto's

  • Omtrent ons

  • Blog

  •  

    © 2014 Springbok Internet Radio by Wilna

    SPINASIE MOLSHOPE..
    Getoets en Foto: Michelle Phol

    BESTANDDELE:
    3 tot 4 lekker groot aartappels
    groterige klont margarien
    2 - 3 ml bakpoeier
    sout na smaak
    250 ml room
    125 ml gerasperde cheddar kaas
    So 2 hande vol spinasie fyn gekerf (ek het sommer baba spinasie gebruik)

    METODE:
    Skil en kook die aartappels gewoonweg tot sag. Dreineer en druk fyn.
    Voeg die spinasie, margarien, bakpoeier, sout  en 'n bietjie van die room by en klits dit met 'n vurk tot lig.
    Smeer 'n oondvaste bak en skep lepelsvol van die aartappels daarin.
    Gooi die res van die room bo-oor.
    Strooi die kaas dan bo-oor.[Bloukaas is net so lekker by halveer met die soorte kaas.]
    Bak dit 20 - 25 minute lank in 'n voor verhitte oond by 180 °C.