Springbok Radio logo

Springbok Internet Radio

 

Radio op sy beste 

Luister op foon/tablet

Springbok App

Springbok Radio logo
  • Tuis

  • Radio skakels

  • Omroepers

  • Foto's

  • Omtrent ons

  • Blog

  •  

    © 2014 Springbok Internet Radio by Wilna

    Spekburgers
    Getoets: Springbok Kombuis


    Bestandele:
    Vleiskoekies
    1 x 250 g pak rugspek (vet verwyder)
    250 g gemaalde varkvleis
    1 ui, gerasper
    Handvol pietersielie, gekap
    250 ml vars broodkrummels
    2 eiers, geklits
    Sout en vars gemaalde swartpeper
    Olie, vir braai
    6 hamburger-rolletjies
    Botter, vir smeer
    150 g gemengde slaaiblare
    2 tamaties, in dun skywe gesny
    6 skywe sterk cheddarkaas
    80 ml soet rissiesous óf blatjang
     
    Medtode:
    Verwerk die spek in ’n voedselverwerker tot fyn.
    Skep in ’n bak en voeg die maalvleis, ui, gekapte pietersielie, broodkrummels, eiers en geurmiddels by. Meng dit goed met jou hande en vorm in ses ewe groot bolle.
    Druk dit effens plat, pak op ’n plat bord en verkoel vir minstens 30 minute.
    Verhit ’n bietjie olie in ’n swaarboompan en braai die vleiskoekies daarin tot goudbruin en deurgaar.
    Smeer die hamburgerrolletjies met botter en sit slaaiblare, ’n paar skywe tamatie en ’n skyf kaas bo-op elkeen.
    Sit ’n warm spekvleiskoekie bo-op en rond af met ’n skeppie soet rissiesous of blatjang.
    Sit dadelik voor