Springbok Radio logo

Springbok Internet Radio

 

Radio op sy beste 

Luister op foon/tablet

Springbok App

Springbok Radio logo
  • Tuis

  • Radio skakels

  • Omroepers

  • Foto's

  • Omtrent ons

  • Blog

  •  

    © 2014 Springbok Internet Radio by Wilna

    KLUITJIES

    ( Getoets en Foto: Salome Boshoff)

     

    Kluitjies is vullend en veelsydig. Dit kan by 'n bredie of sop, maar ook as nagereg voorgesit word en verdien om in ere herstel te word.

     

    Bestandele: 140 g (250 ml) koekmeelblom

    10 ml bakpoeier

    1 ml sout

    15 ml botter

    1 ekstra groot eier

    125 ml melk

     

    Metode:

     Sif droë bestanddele en vryf botter in. Klits eier en melk saam en meng tot 'n dik beslag. Vir souskluitjies: Kook sowat 3 cm diep water (1,5 liter) met 'n knippie sout in 'n diep kastrol. Doop 'n eetlepel in kookwater en skep lepelsvol van die beslag in vinnig kokende water. Sit deksel op en prut verder met deksel vir sowat 10 minute. Moet glad nie die deksel oplig nie. Skep kluitjies in 'n warm oondbak, strooi kaneelsuiker oor en stip met botter. Sit voor as nagereg met sous wat berei word van die water waarin die kluitjies gekook het en waarby 'n bietjie kaneelsuiker en botter geroer is. (Die is die gewone

     

    SOUSKLUITJIES - soos ons dit ken)

    KLUITJIES VIR SOP EN BREDIES Gebruik basiese deeg wat met sous van die bredie, of sop of melk aangemaak is. Skep lepelsvol sowat 20 minute voor dit voorgesit word op bredie of in sop. Moenie die deksel oplig in die 20 minute nie.(Die oumense het altyd 'n koppie of bakkie op die deksel omgekeer om te voorkom dat iemand die pot oopmaak voordat die kluitjies gaar is!)

    KLUITJIES vir gestoofde droëvrugte Dieselfde deeg kan as kluitjies op gestoofde droëvrugte gebruik word. Gewoonlik is 'n effens stywer deeg ``gebrei'' en dan soos 'n kombers bo-op vrugte met 'n taamlike ``lang sous''gesit. 'n Paar gaatjies is met 'n vurk in die kluitjies gesteek sodat die sous kan deurkook. Dan is dit sowat 20 minute baie stadig geprut sodat vrugte nie aanbrand nie. Dit maak 'n heerlike bykos saam met vleis.