Springbok Radio logo

Springbok Internet Radio

 

Radio op sy beste 

Luister op foon/tablet

Springbok App

Springbok Radio logo
  • Tuis

  • Radio skakels

  • Omroepers

  • Foto's

  • Omtrent ons

  • Blog

  •  

    © 2014 Springbok Internet Radio by Wilna

    Bone en Spinasiesop

    (Bron: Huisgenoot)

    Hierdie sop gaan nie jou sak ruk nie, maar word steeds in ’n eksotiese gereg omgetower deur gerookte paprika, pesto gemaak van songedroogde tamaties en suurlemoenskil.

    olie
    1 ui, gekap
    2 huisies knoffel, fyn gedruk
    125 ml (½ k) gekapte sopseldery
    takkie vars roosmaryn
    3 lourierblare
    1 liter (4 k) groenteaftreksel
    2 blikke (400 g elk) gebakte boontjies in tamatiesous
    200 g spinasie
    20 ml (4 t) songedroogdetamatiepesto
    5 ml (1 t) gerookte paprika
    sout en vars gemaalde
    swartpeper
    sap en skil van 1 suurlemoen
    2 chorizo- of ander geurige worsies, in skyfies gesny en gebraai (opsioneel)

     

    1. Verhit die olie in ’n groot pot en braai die ui, knoffel en sopseldery tot dit sag is.

    2. Voeg die roosmaryn en lourierblare by.

    3. Voeg die groenteaftreksel, gebakte boontjies met sous en spinasie by en laat die mengsel kook.

    4. Roer die songedroogdetamatiepesto en paprika by.

    5. Geur met sout, peper en die suurlemoensap en -skil.

    6. Laat kook, verlaag die hitte en laat sowat 10 minute prut.

    7. Skep die sop in bakkies en garneer met die worsskyfies indien verkies.