Springbok Radio logo

Springbok Internet Radio

 

Radio op sy beste 

Luister op foon/tablet

Springbok App

Springbok Radio logo
  • Tuis

  • Radio skakels

  • Omroepers

  • Foto's

  • Omtrent ons

  • Blog

  •  

    © 2014 Springbok Internet Radio by Wilna

    Sneeupoeding..
    Getoets en Foto: Malinda Nortje
    n Bietjie stroop van groenvye smaak heerlik oor die poeding. Of wat van turksvy- of maroelastroop? As jy nie daarvan het nie, maak gewonde vlasous en gebruik sommer terselfdertyd die eier gele daarin..

    Bestanddele:
    750g (3k) Water
    300g (1½k) Suiker
    2ml (½t) Wynsteensuur
    Knippie sout
    70g (½k) Mielieblom
    3 Eierwitte

    Metode:
    Verhit die water, suiker, wynsteensuur en sout tot kookpunt.
    Maak die mielieblom met n bietjie koue water aan en roer dit by die kokende mengsel.
    Kook dit oor matige hitte tot dik en roer dit af en toe.
    Laat dit n rukkie afkoel.
    Klits die eierwitte tot styf, maar nie droog nie.
    Vou dit liggies by die mielieblom mengsel in.
    Giet dit in n poedingbak.
    Laat dit in die koelkas stol.