
RYSSLAAI:
500ml gaar rys
1 ui, geskil en fyngekap
25ml blatjang
klein blik perskes, in blokkies
125ml kondensmelk
37.5 ml suurlemoensap
12,5ml kerriepoeier (matig)
250ml mayonnaise
1 soetrissie
sout na smaak
Dreineer die perskes. Meng kerriepoeier en suurlemoensap. Meng res van bestanddele, gooi kerriemengsel oor en roer goed deur. Laat staan oornag in yskas en dien op.