Springbok Radio logo

Springbok Internet Radio

 

Radio op sy beste 

Luister op foon/tablet

Springbok App

Springbok Radio logo
  • Tuis

  • Radio skakels

  • Omroepers

  • Foto's

  • Omtrent ons

  • Blog

  •  

    © 2014 Springbok Internet Radio by Wilna

    Skenkel-sampioenpot
    (Bron en Foto:Huisgenoot)
    Genoeg vir 4-6 mense
    Bereiding: 15 minute
    Marineertyd: oornag
    Gaarmaaktyd: 2-2½ uur
    Bestanddele:
    2 kg lamskenkels, met lang bene of in stukke gesaag
    30 ml (2 e) olyfolie
    30 ml (2 e) balsemieke asyn
    paar takkies roosmaryn
    10 heel knoffelhuisies, geskil
    1 pakkie (20 g) droësampioene
    500 ml (2 k) lam- of groenteaftreksel
    sout en peper
    1 bos preie, gekap
    botter en olyfolie
    250-500 ml (1-2 k) witwyn
    1 kg verskeidenheid sampioene
    125 ml (½ k) gekapte pietersielie
    1 suurlemoen se gerasperde skil
    pasta, kapokaartappel of vars gebakte brood vir voorsit
    Metode:
    1.Besprinkel die lamskenkels met die olyfolie en asyn. Voeg die roosmaryn en knoffel by en laat oornag marineer.
    2.Verwyder die vleis uit die marinade en hou die marinade eenkant.
    3.Week die droësampioene in die aftreksel tot sag en hou eenkant. Hou ook die aftreksel eenkant.
    4.Geur intussen die skenkels met die sout en peper en braai dit in ’n swartpot saam met die preie in botter en olyfolie tot goudbruin.
    5.Voeg die marinade, wyn, aftreksel en ge-weekte droësampioene by en laat prut 2-2½ uur tot die vleis sag is.
    6.Braai die verskeidenheid sampioene in ’n mengsel van olie en botter tot net sag. Voeg by die skenkelpot en meng deur.
    7.Sprinkel die pietersielie en gerasperde suurlemoenskil oor.
    8.Sit voor op pasta of kapokaartappel of saam met vars gebakte brood.