
SKAAPBOUD
Geoets en Foto: Springbok Kombuis
Bestandele:
2½ - 3kg skaapboud
sout en peper na smaak
braaivleis spesery (opsioneel)
fyn appelkooskonfyt (verdun met asyn)
Vars knoffelhuisies
Metode:
Voorverhit die oond tot 100 grade Celsius.
Vryf sout, peper en speserye oor boud buite.
Smeer konfyt oor boud buite.
Druk gaatjies oral in met 'n mes in die vleis en druk heel knoffelhuisies in.
Sit in oondpanmet deksel of sit foelie oor oondpan en laat op die stadige hitte deur die nag in oond. More oggend val die boud omtrent van die been af.
Heerlike Sondag ete of laat afkoel en sny in skyfies saam met slaai.