Springbok Radio logo

Springbok Internet Radio

 

Radio op sy beste 

Luister op foon/tablet

Springbok App

Springbok Radio logo
  • Tuis

  • Radio skakels

  • Omroepers

  • Foto's

  • Omtrent ons

  • Blog

  •  

    © 2014 Springbok Internet Radio by Wilna

    Saterdag ontbytpan

    Bron en Foto : Huisgenoot resepte

     

    250 g sampioene
    250 g spekrepies
    olie
    1 chorizo-worsie, in skywe gesny
    paprika
    2 tamaties, gehalveer of in skywe gesny
    sout en peper
    4 snye brood
    4 eiers
    roketblare

    • Ryg die sampioene op houtsosatiestokkies en hou eenkant.

    • Braai die spekrepies in die olie in ’n groot pan op matige kole tot bros. Skep uit en hou warm.

    • Braai die sampioene in dieselfde pan bruin, skep uit en hou eenkant.

    • Braai die chorizoskywe tot net gaar, geur met die paprika, skep uit en hou eenkant.

    • Braai die tamaties effens bruin, geur met die sout en peper, skep uit en hou eenkant.

    • Braai die brood op die rooster.

    • Bak die eiers in die pan en skep die chorizo bo-op.

    • Rangskik nou al die gaar kos mooi in die pan, strooi die roketblare oor en sit dadelik voor