Springbok Radio logo

Springbok Internet Radio

 

Radio op sy beste 

Luister op foon/tablet

Springbok App

Springbok Radio logo
  • Tuis

  • Radio skakels

  • Omroepers

  • Foto's

  • Omtrent ons

  • Blog

  •  

    © 2014 Springbok Internet Radio by Wilna

    Sampioenpakkies
    (Bron en Foto:Huisgenoot)


    Bereiding: 15 min.
    Gaarmaak: 6 min.


    Bestandele:
    6 portabellosampioene
    60 ml (¼ k) olyfolie
    sout en vars gemaalde peper
    VULSEL
    50 ml botter
    3 knoffelhuisies, gekap
    800 g garnale, sonder dop
    30 ml (2 e) soetrissiesous
    30 ml (2 e) pietersielie, fyn gekap
    10 ml (2 t) suurlemoenpeper
    VIR VOORSIT
    60 ml (¼ k) suurroom
    30 ml (2 e) mayonnaise


    Metode:
    1.Verf die sampioene buite en binne met die olyfolie, geur met die sout en vars gemaalde peper en braai oor matige kole tot sag en gaar, maar nie pap nie.
    2.Vulsel Smelt die botter en braai die knoffel en garnale 2 min. of tot net gaar. Voeg die soetrissiesous, pietersielie en suurlemoenpeper by en roerbraai 1 min.
    3.Vir voorsit Meng die suurroom en mayonnaise goed en hou eenkant.
    4.Sodra die sampioene gaar is, skep van die vulsel in en ’n skeppie roommengsel bo-op. Sit voor met gebraaide vis, vleis of slaai.