
Sagopoeding in Mikrogolfoond
Getoets en Foto: Wilna Nissen
Bestanddele:
500 ml melk
60 ml sago
2 eiers
5 ml vanilla
60 ml suiker
2 ml sout
appelkooskonfyt
Metode:
Week sago ten minste 2 uur lank in die melk (oornag is beter).
Bring in die mikrogolfoond, op hoog tot kookpunt en roer elke 3-5 minute.
Meng eier gele, geursel, sout en die helfte van die suiker.
Roer dit geleidelik by die warm mengsel in en mikrogolf verder totdat dit net begin verdik.
Moet dit nie té lank mikrogolf nie, anders sal dit skif. Gooi in ‘n gesmeerde, vuurvastebak.
Skep teelepels vol konfyt in die mengsel.
Klop eierwitte totdat dit sagte punte vorm en klop die res van die suiker geleidelik by.
Smeer meringue oor en bak @ 180ºC totdat die meringue liggies verbruin het.