
Ryspoeding..
Getoets en Foto: Joseph Dearham
Bestanddele:
1 kop gaar rys
2 kop melk
½ kop suiker
1 eetlepel botter
3 eiergele
3 eierwitte
1 teelepel vanilla essence
2 teelepels maizenza
¼ teelepels Sout
kaneel suiker
Metode:
Verhit 2 koppies Melk in n kastrol op die stoof en voeg by 1 koppie gaar witrys by en 1 eetlepel botter by.
Klits 3 eiergele, 2 teelepels maizenza, 1/4 teelepels sout, 1/2 koppie suiker en 1 teelepel vanilla essence saam.
Roer dit gelydelik by die melk mengsel op die stoof en Prut deur.
Klits 3 eierwitte styf.
Haal kastrol van die stoof at en vou eierwitte in.
Skep in diep oondbak en bak teen 180 grade vir 30 minute of mooi bruin gebak
Sprinkle kaneelsuiker oor en bedien met dun vla of vanilla rooms.
Geniet...