
Room Caramel Tert
Getoets en Foto:Wilma Matthee
Bestandele:
2 Pak tennis beskuit
1 blik Caramel kondensmelk
250 ml Room
1 Sjokolade enige soort wat jy van hou
2 Cranadella mouse of mouse wat jy van hou
Metode:
Smeer tennis beskuit met caramel kondensmelk pak in bak .
Smeer redelik dik, klop room tot styf.
Gooi cranadella mouse 1 vir 1by en klits.
Gooi die helfte van die mengsel nou bo oor tennis beskuit
Smeer weer n laag tennis beskuit en pak bo oor vulsel.
Gooi die res van vulsel bo oor
Gooi nou jou sjokalade bo oor of tennis krimmels nes jy wil, sit in yskas.