Springbok Radio logo

Springbok Internet Radio

 

Radio op sy beste 

Luister op foon/tablet

Springbok App

Springbok Radio logo
  • Tuis

  • Radio skakels

  • Omroepers

  • Foto's

  • Omtrent ons

  • Blog

  •  

    © 2014 Springbok Internet Radio by Wilna

    Romerige Kaassteak:

    (Bron: Marianne Jacoby)

     

    STEAK EN MARINADE
    2,5 kg Steak
    sap en skil van 2 suurlemoene
    25 ml (5 t) worcestersous
    vars gemaalde swartpeper
    4 knoffelhuisies, fyn gekap
    45 ml (3 e) olyfolie
    sout

    BOLAAG
    100 g cheddarkaas, gerasper
    100 g mozzarellakaas, gerasper
    145 g bloukaas, gekrummel
    2 eiers, geklits
    35 ml heelkorrelmosterd
    sout en gemaalde swartpeper
    30 ml (2 e) gekapte pietersielie
    gebakte aartappelwiggies en roketslaai vir voorsit

    STEAK EN MARINADE
    Sny die steak in porsies van 200-230 g. Meng die res van die bestanddele vir die marinade behalwe die sout en mariner die steaks oornag of ’n paar uur.

    Verhit die oond tot 230 °C en verhit ’n riffelpan tot baie warm.

    Braai die helfte van die steaks in die verhitte riffelpan. Braai 2-3 minute aan albei kante en sout sodra die steaks geseël is. Wag tot die pan weer baie warm is voor jy die volgende steaks braai. Dit is belangrik om die steaks teen ’n baie hoë hitte te seël.

    Skep die gebraaide steaks op ’n voorbereide bakplaat en laat ’n paar minute rus.

    BOLAAG

    Meng al die bestanddele vir die bolaag en deel die vulsel tussen die steaks.

    Skep die vulsel op die steaks en rooster sowat 5 minute in die oond.

    Sit voor saam met gebakte aartappelwiggies en roketslaai.