
PYNAPPEL BLATJANG
Getoets en Foto: Wilna Nissen
Bestanddele:
2kg blokkies pynappel
4 gekapte uie
1 koppie asyn
2 koppies water
Kook tot sag vir +- 15 minute
Sous
3 koppies suiker
1 eetlepel sout
2 teelepels colmans mosterd poeier
1 eetlepel kerrie
1 eetlepel borrie
Metode:
Voeg al die sous bestanddele by die pynappel en kook vir 5 minute.
Gooi 200ml maizena in 250 ml water en gooi by die sous.
Kook to dik en bottel warm.