
Pikante rys met hoenderwors
(Bron en Foto:Huisgenoot)
GENOEG VIR 4 MENSE
Bereiding: 10 min.
Gaarmaaktyd: 25 min.
Bestandele:
250-300 g hoenderwors
1 ui, gekap
5 ml (1 t) gemmer, fyn gekneus
2 knoffelhuisies, fyn gedruk
5 ml (1 t) rooipeper
1 rissie, gekap
250 ml (1 k) rys
625 ml (2½ k) groenteaftreksel
sout
100 g pak choi
Metode:
1.Braai die wors in ’n groot kastrol tot gaar en bruin. Haal uit en hou eenkant.
2.Plaas die ui, gemmer en knoffel in die kastrol en braai tot die ui deursigtig is.
3.Voeg die rooipeper, rissie, rys en aftreksel by. Laat 20 minute prut tot die rys gaar is.
4.Sny die hoenderwors in happiegrootte-stukkies en voeg by die rys. Laat 2 minute prut en sit warm voor saam met die pak choi. Garneer met pietersielie indien verkies.