Springbok Radio logo

Springbok Internet Radio

 

Radio op sy beste 

Luister op foon/tablet

Springbok App

Springbok Radio logo
  • Tuis

  • Radio skakels

  • Omroepers

  • Foto's

  • Omtrent ons

  • Blog

  •  

    © 2014 Springbok Internet Radio by Wilna

    Piesang Karamel Poeding..

    Getoets en Foto: Ina De Lange Smit

     

    Beslag:

    2 Koppies Koekmeel

    ½ Koppie Strooi suiker

    4 baie ryp piesangs – fyn gedruk

    1 (tl) Bakpoeier

    1 (tl) Koeksoda

    ½ koppie appelkooskonfyt

    1 Koppie room

    3 (el) botter- gesmelt

    1 groot eier-geklits

    1 (tl) vanielje geursel

    Knippie sout

     

    Stroop:

    1 koppie bruinsuiker

    4 (el) stroop

    1 blik idealmelk

    ½ koppie water

     

    Metode:

    Voorverhit die oond  tot 180° C.

    Smeer oondvaste  pan met botter.

    Sif koekmeel, sout, bakpoeier, en koeksoda saam.

    Gooi suiker by en roer liggies deur.

    In n ander groot mengbak gooi die fyn piesangs , melk gesmelde botter, eier , vanielje geursel en konfyt en meng liggies saam.

    Gooi nou bietjies vir bietjies gesifte koekmeel op n slag by to alles lekker gemeng is.

    Gooi in gesmeerde paaaaan.

    Maak die stroop in n kastrol bring al die bestanddele tot kookpunt, verwyder van stoof en roer to suiker opgelos is.

    Gooi nou die helde van die stroop versigtig oor die agterkant van n eetlepel oor die rou deeg.

    Sit dadelik in n voorverhitte oond en bak vir 40 minute tot goudbruin.

    Bring die res van die stroop tot kookpunt en gooi oor die poeding sodra dit uit die oons kom.

    Sit terug in die oond  vir so 10 minute today dit borreltjies maak.

    Laat rus vir 20 minute voordt jy dit opdien met roomys of  styfgeklopte room.