
Piesang Brood 2
Getoets en Foto: Joseph Dearham
Bestandele:
1 kopie botter of 250 gram
4 Koppies Koek meel
1 teelepel bakpoeier
1 1/2 telepel koeksoda
2 teelepel vinilla geursel
3 Koppies suiker (ek gebruik bruin suiker)
1/2 Koppies volroommelk
4 eiers
1 teelepel sout
5 piesang fyngedruk
Metode:
1 Klits botter suiker en eiers saam tot goed gemeng
2 Sif koekmeel bakpoeier en sout saam en meng saam met bo- genoemde 1.
3 Meng die oorblywende bestanddeel saam tot goed gemeng.
4 Verdeel mengsel eweredig in 3 broodbakke-medium.
5 Nou strooi ek kaneel en suiker gemeng saam oor elk van die piesangbroode nie te veel nie so n bietjie vol oor elke een en dan strooi ek gekapte neute van eie keuse oor die broode en druk dit liggies
vas met n lepel.
6 Bak teen 170 grade vir 45 minute
7 Haal uit oond en laat staan in broodbakke vir 10 minute voor dit uit die broodbakke geneem om behoorlik af te koel.