
PIESANG BLATJANG 2
Getoets en Foto: Wilna Nissen
Bestanddele:
12 geskilde piesangs, in ringe gesny
250 ml sultanas
2 groot gekapte uie
250 ml suiker
15 ml kerriepoeier
500 ml wit asyn
15 ml sout knippie rooipeper
2 stukke pypkaneel
Metode:
Meng die bestanddele in ‘n geskikte kastrol en prut stadig tot dik.
Kook sonder ‘n deksel en roer gereeld omdat dit baie maklik aanbrand.
Die blatjang behoort binne sowat 35 minute dik en geurig te wees.
Proe en verwyder die kaneel.
Skep in gesteriliseerde flesse..
Bewaar om ryp te word.