Pienkslaai
(Bron en foto: Springbok Kombuis)
Bestanddele:
Baby veg: 1 klein rooi kooltjie, 1 klein krulblaar kooltjie, 1 klein gewone kooltjie
(as jy nie baby veg kry nie, die helfte van groot koolkoppe)
1 Pak pienk en wit mini marshmellows
1 blikkie kondensmelk
Glanskersies gehalveer
1 blik kondensmelk
1 kopie mayonaise
1 blik pynappel stukkies
Metode
Snipper die kool baie fyn
Maak sous met mayo, kondensmelk en helfte van die pynappelsous
Pak lagies van al die bestanddele en gooi sous tussen elke lagie
Laat staan in die yskas vir 2 ure en geniet!!
