
PASTOURIE-HOENDER (Eenskottel Oondgereg)
Getoets en Foto: Stef Augustyn
Ek het nie mate, gewigte of volumes nie. Ek meet nie af nie, ek korrel.
Bestanddele:
vryf hoenderporsies
¼ kop van hele blomkool
¼ kop van hele broccoli
aartapels
uie
gemengde gevriesde groente (van jou eie keuse)
spessery en krui na smaak
pakkie sampioensop
kaas
sout en swartpeper
2-4 kop Rys
Metode:
Smeer 'n oonskottel, daai gewone ovales werk goed.
Plaas 'n kwart kop blomkool en 'n kwart kop brocoli in elke punt. (Reghoekige of vierkante bakke, een in elke hoek.)
Sny aartappels en uie in kwarte en plaas rondom die kant.
Gooi so 2-4 koppies rys op die oop bodem en vee effens gelyk
Strooi gemengde gevriesde groente van jou eie keuse bo-oor die rys.
Spessery en krui na smaak .
Gooi 500ml water vir elke koppie rys wat jy gebruik het oor die groente.
Los 'n pakkie sampioensop in nog 500ml water op en giet bo-oor.
As die watervlak bo die groente lê is dit OK.
Vryf hoenderporsies deeklik met sout en speserye in en plaas bo-op, net nie oor die blomkool en brocoli nie.
Bedek en bak op 140-160°C vir 2-3 ure, tot die hoender deurgaar is.
Rasper kaas (en swart peper) oor die blomkool en brocoli en rooster tot die kaas ingesmelt het en die hoender bruin is.
GENIET!
Die hoender kan vervang word met tjoppies.
Dan kan die mens die sampioensop met bruinuiesop vervang.