
Pasta met Spek en Spinasie.
Getoets en Foto: Stef Augustyn
Bestanddele:
3 koppies macaroni
1 pak spek
1 pak spinasie
2-3 uie
Olie
gerasperde parmesaan-kaas
Metode:
Haal die stele uit 'n pak spinasie en kap fyn.
Kap so 2-3 uie fyn.
Sny 'n pak spek in repies en braai in 'n pot wat groot genoeg is vir al die bestandele.
Wanner gaar en bruin, skep uit en sit eenkant.
Braai die uie in die spek se vet (gooi bietjie olie by as dit te min is).
Wanneer die uie gaar en glasig is, vul die pot half met kookwater en voeg so 3 koppies macaroni by.
Wanneer die macaroni amper gaar is, roer die spinasie handvol vir handvol in en kook 2-3 munute.
Skakel die plaat af, roer die spek en gerasperde parmesaan-kaas deur.
Bedek en laat staan op die warm plaat sodat die geure kan meng en die mengsel kan verdik.
Eet voor die spinasie daai verlepte smaak kry.