Springbok Radio logo

Springbok Internet Radio

 

Radio op sy beste 

Luister op foon/tablet

Springbok App

Springbok Radio logo
  • Tuis

  • Radio skakels

  • Omroepers

  • Foto's

  • Omtrent ons

  • Blog

  •  

    © 2014 Springbok Internet Radio by Wilna

    PAMPOEN POFFERTJIES:

    (Getoets en foto: Springbok kombuis)

     

    Sous:

     

    2 kop suiker

    2 kop melk

    1 kop water

    2 eetl botter

    5tl maizina angemaak met bietjie van die melk

    sout

     

    Kook alles en bring tot kookpunt

     

    Koekie:

     

    2 kop gaar pampoen

    2 kop meel

    4tl bakpoeier

    2 eiers

     

    Meng alles.

     

    Skep nou lepels vol in pan met olie en bak tot gaar.

    Pak lae poffertjies, NB jou poffertjies moet warm wees -  gooi WARM sous oor en kaneel en hou so aan tot beslag klaar is.

     

    Ek het myne in my deepfryer gemaak, teelepel gewys ingegooi en die hoeveelheid is ongeveer 50 poffertjies.

     

    Tip: Ek kook bv ‘n hele pampoen net met water gaar, mash dit en verpak dit in sakkies – of 2 koppies – of 1 koppie (1/2 beslag)

     

    As ek dus pampoenpoffertjies wil bak, haal net die sakkie uit, ontvries en bak.

     

    HIERDIE RESEP IS OP SY BESTE AS JY DIT OORNAG LAAT STAAN HET EN DIE VOLGENDE DAG NET WEER OPWARM VOOR OPDIENING.