Springbok Radio logo

Springbok Internet Radio

 

Radio op sy beste 

Luister op foon/tablet

Springbok App

Springbok Radio logo
  • Tuis

  • Radio skakels

  • Omroepers

  • Foto's

  • Omtrent ons

  • Blog

  •  

    © 2014 Springbok Internet Radio by Wilna

    Benediktus eiers

    (Bron: Huisgenoot)

    HOLLANDAISESOUS
    15 ml (1 e) witwynasyn
    15 ml (1 e) suurlemoensap
    2,5 ml (½ t) swartpeperkorrels
    2 eiergele
    125 g botter, gesmelt
    EIERS
    8 eiers
    4 rolletjies, gesny en gerooster
    200 g ham
    ’n hand vol blaarslaai

    1. Hollandaisesous Meng die asyn, sap en peperkorrels in ’n klein kastrol oor matige hitte en bring tot kookpunt. Verminder die hitte en laat prut onbedek tot die vloeistof met die helfte verminder het. Giet deur ’n fyn sif in ’n klein hittebestande bak en plaas 10 min. eenkant.

    2. Klits die eiergele in die asynmengsel in. Plaas die bak oor ’n klein pot pruttende water, maar moenie toelaat dat die water aan die bodem van die bak raak nie. Klits die mengsel oor matige hitte tot verdik. Verwyder die bak van die hitte en klits die gesmelte botter in ’n dun, egalige stroom in. Klits aanhoudend tot die sous dik en romerig is.

    3. Eiers Maak ’n groot, vlak braaipan halfvol water en bring tot kookpunt. Breek 1 eier in ’n koppie en laat gly dit tot in die pan. Herhaal met nog 3 eiers.

    4. Wanneer al die eiers in die pan is, laat die water tot kookpunt terugkeer. Bedek die pan, skakel die hitte af, en laat rus sowat 4 min. of tot ’n ligte lagie eierwit oor die gele set. Skep die eiers met ’n gaatjieslepel uit en dreineer op ’n papierhanddoek. Bedek om warm te hou en herhaal met die oorblywende eiers.

    5. Verdeel die blaarslaai en ham tussen die rolletjies, bedek met die eiers en hollandaisesous en sit voor.