Springbok Radio logo

Springbok Internet Radio

 

Radio op sy beste 

Luister op foon/tablet

Springbok App

Springbok Radio logo
  • Tuis

  • Radio skakels

  • Omroepers

  • Foto's

  • Omtrent ons

  • Blog

  •  

    © 2014 Springbok Internet Radio by Wilna

    Ongebakte appelkoos-ontbytgraanballe
    (Bron en Foto:Huisgenoot)
    Dit is ’n heerlike peuselhappie om in ’n fles te hou vir knibbelkos tussen maaltye.
    Lewer 12 balle
    Gaarmaak: 8 min.
    Bereiding: 15 min.
    Bestandele:
    200 ml romerige grondboonbotter
    60 ml (¼ k) heuning
    2 ml (½ t) vanielje-ekstrak
    1 L (4 k) graanvlokkies, liggies fyngemaak
    80 ml (⅓ k) droë-appelkose, fyn geknip
    60 ml (¼ k) amandels, gerooster en gekap
    1 ml (¼ t) fyn gemmer
    80 g sjokolade, gekap
    20 g botter
    Metode:
    1.Meng die grondboonbotter, heuning en vanielje-ekstrak in ’n groot kastrol. Verhit oor late hitte terwyl jy aanhoudend klits tot net gesmelt en amper glad. Roer die graanvlokkies, appelkose, amandels en gemmer in tot goed gemeng.
    2.Vorm die mengsel in balle met nat hande. Los op ’n gesmeerde bakplaat sowat 15 min. of tot ferm.
    3.Plaas die sjokolade en botter in ’n hittebestande bak. Verhit terwyl jy roer oor ’n pot pruttende water tot gesmelt.
    4.Bedruip oor die appelkoos-graanvlokkieballe. Sit eenkant sowat 15 min. of tot die sjokolade geset het. Bêre in ’n lugdigte houer. Dit sal sowat ’n week vars bly.