
Omelette a la Penny...
Getoets en Foto: Penny De Villiers
Vir 2 persons
Bestanddele:
6 eiers
Bietjie botter
Bietjie melk
Sout en peper
4 weense worsies
2 snye ham plus minus
1 koppie gerasperde kaas...ek het gouda gebruik
Metode:
Sny worsies en ham in stukkies
Klits 3 eiers met bietjie melk
Maak jou pan warm en sit bietjie botter in.
Sodra jou botter gesmelt is gooi jou geklitse eier in bak tot gaar strooi sout en peper oor..
Sit op die 1 helfte van die worsie en ham ..
Jy kan gekapte tamatie ook by sit vou toe strooi helfte van die kaas bo oor ...skep in bord...
Herhaal met die oorblywende eiers..
Bedien met n groen slaai...