
Nando’s Hoender.
Getoets en Foto:Michelle Phol
Bestandele:
8 Hoenderstukke
1 Bottel Nando’s Sous van jou keuse
250ml Room
Metode:
Vryf die hoenderstukkies in met sout, chilli, knoffel en bietjie olie.
Plaas dit nou in oondpanen bak by 180 grade todat dit so halfpad gaar is so om en by 30 min.
Jy kan nou die water /sousie afgooi van die hoender wat gebak het.
Meng nou ‘n bottle nando’s sous van jou keuse met 250ml Room en gooi dit oor die hoender.
Sit dit terug in die oond en bak todat die hoender bruin is en die sousie lekker dik is.