
MOUTABEL
Getoets en Foto: Wilna Nissan
Gebraaide eierplant en sesame pasta dip.
Moutabel is ‘n dip net soos hummus maar smaak heelwat lekerder. Dit word gereeld gevind op middel-oosterse tafels en word ook soms babaganoush genoem. Ek hou van die gerookte geur en olyf olie saam met dit. Eet dit graag met arabiese platbrood.
Bestanndele: (Vir 3 mense)
2 eierplant vrugte
90 ml tahini pasta (Sesamesaad Pasta) (Proseseer ligte kleur geroosterde Sesame saad en bietjie olyf olie tot ‘n digte pasta)
90 ml plein yogurt
1 tot 2 telepel sout
2 eetlepels suurlemoen sap
1 Knoffelhuisie (Opsioneel)
Voorbereiding:
Die eierplant word aggresief “geGrill”. Druk ‘n stok of “Skewer” deur die eierplant vrugte en hou dit oor ‘n oopvlam van ‘n gasstoof. Hierdie is die beste manier om die gerookte geur the kry. Jy kan hulle onder ‘n rooster in die oond plaas as jy wil. Die vel van die vrug word swart van die vlam, maar hou aan om dit te draai totdat die vrug sag voel en wil af val van die stok.
Sodra dit sag voel, gooi in ‘n pot met koue water. Dit maak dit makliker om die skil af te trek.
Die skil kan ook afgetrek word onder koue lopende water.
Die gebrande skil word weggegooi
Gooi die pulp in ‘n vergietes sodat orige vloeistof af loop.
Proseseer die pulp en voeg ander bestanddele een vir een by.
Eerste die tahini, dan die yogurt, sout en suurlemoen sap.
Moet nie baie proseseer nie. Dit moet nog effens grof wees
Om te bedien:
Plaas mengsel in ‘n doep bordjie, smeer dit glad met ‘n mes of lepel om die bord te bedek, versier met neute, pietersilie of granaat pitte.
Rond af met ‘n bietjie olyfolie in ‘n poeletjie in die middel.
As jy dit toe maak met plasiek, hou dit ‘n paar dae in die yskas.